Wat's Nuus?
Die Suidooster
Toelatings
Wat's Nuus?
Die Suidooster
Toelatings

Privaatheidsbeleid

PRIVAATHEIDSBELEID


Hierdie beleid het ten doel om enige besoeker aan die webtuiste van Hoërskool Strand se beleid rakende die insameling, gebruik, en openbaarmaking van persoonlike data soos versamel wanneer u van die webtuiste gebruik maak en enige besluite wat met daardie data gepaard gaan, in te lig.

Ten doel van hierdie privaatheidsbeleid verwys ‘’platforms’’ na al Hoërskool Strand se webwerwe, sosialemediarekeninge, en / of enige ander tegnologie of meganisme wat u mag gebruik om met ons te skakel. ‘’Dienste’’ verwys na enige inhoud (op die webwerf of elders) wat deur Hoërskool Strand aangebied, besit, bedryf, of gehuisves word.


BELEID:


1. Enige inligting wat deur besoekers aan ons verskaf word, mag deur Hoërskool Strand gestoor word en privaat gebruik word om sekere afleidings rakende ons diens en projek te maak. Sulke inligting mag ook met die onderskeie Trustees van die projek gedeel word, maar sal nie sonder wetlike ondertekening met ander vennote of derdepartye gedeel of verkoop word nie. Inligting versamel sluit in (maar is nie beperk tot): name, vanne, e-posadresse, selnommers, geboortedatums, foto’s, woon- en/of posadresse, akademiese inligting, IPadresse en meer. Hierdie inligting mag versamel word vir kompetisies, registrasies, meningspeilings en meer. Die verbruiker stem hiermee toe dat enige inligting wat met Hoërskool Strand gedeel word onder die bepalings in hierdie oooreenkoms benut mag word.


2. Ingesamelde inligting word as vertroulik hanteer. Die Hoërskool Strand-bestuur sal slegs met toestemming, of waar vooraf vasgestel is, of waar duidelik vereis word, erkenning aan bronne van inligting gee.


3. Inligting wat aan Hoërskool Strand verskaf word, mag gebruik word vir navorsing, beplanning, ondersoeke, sowel as vir die verbetering van die platform en

inhoud.


4. Hoërskool Strand mag inligting ook om die volgende redes gebruik:


-Om u in kennis te stel van veranderings in ons diens.

-Om u in staat te stel om deel te neem aan interaktiewe geleenthede / geleenthede waarvoor privaat inligting benodig word as inskrywing.

-Om ontleding of waardevolle inligting vertroulik aan die bestuur van die platform te verskaf ten einde sekere afleidings te kan maak.

-Om die gebruik van die platform te monitor.

-Om tegniese probleme te identifiseer en reg te stel.


5. Hoërskool Strand mag om die volgende redes (alhoewel hierdie lys nie beperkend is nie) met besoekers in kontak tree rakende inligting wat op die platform versamel is:


-Vir verdere inwin van inligting vir inhoudskepping (byvoorbeeld artikelblootstelling).

-Vir terugvoer wat aangevra is deur ‘n besoeker.

-Wanneer ‘n persoon interaksie het op enige plasing en Hoërskool Strand van die opinie is dat so ‘n persoon beantwoord moet word.

-Deur die uitstuur van nuusbriewe (slegs na persone wat spesifiek ingeteken het op hierdie diens).

-Na afloop van kompetisies om met die wenners in kontak te tree.


6. Persoonlike inligting wat deur besoekers aan Hoërskool Strand verskaf word, kan met ‘n derdeparty-diensverskaffer gedeel word ten einde die uitvoer van hul take moontlik te maak. Dit sal slegs gedoen word wanneer sodanige derdeparty-diensverskaffer ‘n vertroulikheidsooreenkoms teken wat die entiteit

of individu onderhewig maak aan dieselfde bepalings as die waartoe Hoërskool Strand verbind is.


7. Besoekers se privaat inligting sal afgesien van die ander bepalings hier aangedui, slegs aan derdepartye verskaf word indien ‘n lasbrief deur die hof

tot die effek hiervan uitgereik word.


8.  Hoërskool Strand bevat skakels na en vanaf webtuistes, mobiele toepassings en/of dienste van derdepartye. Deur op hierdie skakels te klik, of hierdie

konneksies te aktiveer, kan derdepartye toegelaat word om inligting oor ‘n persoon te versamel en te deel. Let asseblief daarop dat hierdie derdepartye

nie deur ons geëvalueer is nie, ons geen beheer oor hierdie derdepartye het nie en nie verantwoordelik is vir die privaatheidspraktyke van sodanige ander

partye wanneer u die Hoërskool Strand-platform verlaat nie. Ons beveel aan dat u die privaatheidsverklarings lees van elke webtuiste wat u besoek en wat persoonlike inligting versamel.


9. Daar is geen beperking op die tydperk wat Hoërskool Strand ‘n besoeker se inligting mag stoor nie.


10. Hoërskool Strand maak gebruik van Google Analytics om sekere verbruikerspatrone te analiseer en inligting rakende demografie in te win.

Hierdie statistiek is vertroulik.


11. Hoërskool Strand maak van ‘’koekies’’ gebruik om inligting oor lesers se internetgebruikspatrone te versamel. ‘’Koekies’’ kan ook gebruik word om lesers se inligting te onthou sodat sekere invulvelde nie herhaaldelik ingevoer moet word nie, sowel as om as metingsinstrument te dien.


12. Ons kan ons privaatheidsbeleid van tyd tot tyd opdateer of wysig. U word genooi om hierdie beleid gereeld deur te gaan vir enige veranderinge.

Wysigings van die beleid is effektief wanneer dit op die webwerf geplaas word.


13. As u op enige tydstip inligting oor u wil verwyder, kan dit in die geval van die nuusbrief direk gedoen word deur die uittekenopsie te kies.

 Hoërskool Strand kan ook direk hiervoor gekontak word.

Privaatheidsbeleid

Vrywaringsvorm tov foto's

Sien Besonderhede
- +
Uitverkoop