Wat's Nuus?
Die Suidooster
Toelatings
Wat's Nuus?
Die Suidooster
Toelatings

 Nuus Flits! 

Wat is robotika en hoekom is dit noodsaaklik dat ‘n leerder wel hierdie vaardigheid moet bemeester?

Robotika bied aan leerders die geleentheid om ‘n rekenaartaal aan te leer en dit terselfdertyd prakties op verskillende soorte elektroniese toestelle te implimenteer. Op hierdie manier ontwikkel die leerder ‘n vaardigheid om probleme op te los en krities oor aspekte te dink. Om soos ‘n rekenaar te kan dink, beteken kortliks dat die leerder groot take in kleiner dele kan verdeel, foute kan opspoor en oplos, asook alternatiewe oplossings kan ontwikkel indien nodig. Hierdie denkwyse en vaardighede is noodsaaklik vir sukses in onder andere ingenieurswese en elektronika.

Die kursus sluit die volgende in:

● Arduino mikro-kontroleerderteorie

● Digitale- en analoogtoevoer- en afvoerkontroles

● Outomatisering en sisteemintegrasie

● Die grondbeginsels van stroombane en dataprosessering

● Elektroniese teorie vir die implementering van infrarooisensors, gonsers (“buzzers”), temperatuursensors, “servo motors” en waterpompe.

● Die grondbeginsels in Python, wat fokus op veranderlikes, “debugging” lusse (“loops”), funksies en “libraries”.

Watter voordele hou kodering in vir leerders wat nie na skool programmering wil gaan studeer nie?

Kodering leer ‘n leerder logika en volharding. Beide vaardighede is belangrik om skoolprestasie in veral rekeningkunde, wiskunde en wetenskap te bevorder. Kodering as buitemuurse aktiwiteit help ‘n leerder om die digitale kloof met gemak te oorbrug. Leerders leer deur tegnologie om kreatief betrokke te wees by die leerproses.

Me. Hannalie van der Merwe is aangewys as Solidariteit Onderwysnetwerk se Hoërskoolonderwyser van die jaar vir 2022!

Me. Hannalie van der Merwe

Juffrou Hannalie van der Merwe en die Arende in aksie nadat sy as Solidariteit Onderwysnetwerk se Hoërskoolonderwyser van die jaar vir 2022 gekroon is.

HANNALIE VAN DER MERWE SE PASSIE OM TE DIEN



Me. Hannalie van der Merwe is reeds sedert 2000 ‘n gewaardeerde onderwyseres by die Hoërskool Strand. Die vakbond Solidariteit wat op 22 Junie 1902 gestig is, het me. Van der Merwe as onderwyser van die jaar in die hoërskoolafdeling aangewys. Dit is ongetwyfeld ‘n enorme eer vir Hoërskool Strand én die gemeenskap. Dié toekenning onderstreep die feit dat die Strand vir sy leerders omgee.

Solidariteit vind homself binne die Christelike tradisie van vakbondwese wat glo dat hulle hul lede moet lei tot selfstandigheid sodat hulle hul roeping kan navolg. Dit is juis dit wat me. Van der Merwe vermag het: Sy het haar roeping gevolg om ‘n verskil in mense se lewens te maak. Die status van ‘n onderwyser lê in ‘n kind se hart, ‘n waarheid wat Hannalie alte goed begryp.

Sy is tydens die Junie – vakansie deur die skool se toutrekouers en –leerders vir hierdie gesogte toekenning genomineer. Veral die WP se president van die Toutrekvereniging was baie opgewonde oor hierdie benoeming. Die hoof van die Hoërskool Strand, mnr. D.B. Malan, het haar ook aangemoedig om hierdie benoeming te aanvaar.

Na die aanvaarding van die benoeming moes sy ‘n outobiografie oor haarself skryf, asook ‘n video maak waarin daar op die volgende gefokus moes word:

  •  Waarom sy haarself in die onderwys bevind;
  •  Wat sy die meeste in die onderwys geniet en
  •  Wenke vir nuwe onderwysers.

Hannalie se filosofie is baie eenvoudig: Sy doen maar net haar werk. Elkeen wat sy of haar werk doen, én dit met liefde doen, is ‘n held(in).

“Alles is net onverdiende genade uit God se liefdevolle hand”, aldus hierdie beskeie dienares. Die Hoërskool Strand eer hierdie onderwyseres wat ‘n baken van hoop vir talle leerders is.

CLINT WILLIAMS TYDENS PRYSWENNERSKONSERT VEREER

Clint Williams

Clint Williams is vanjaar die enigste leerder van Hoërskool Strand wat op Saterdag, 22 Oktober, spesiaal na die Stellenbosch Eisteddfod se prywennerskonsert genooi is. ’n Verdere eer het Clint te beurt geval deurdat hy ook genooi is om tydens hierdie geleentheid een van sy woordkunsinskrywings voor ’n uitgelese gehoor op te voer.

Na afloop van die geleentheid is Clint met die volgende prestige-toekennings vereer:

  • Die Stellenbosch Eisteddfod-medalje vir Beste Drama Deelnemer in graad 12
  • Die H du Toit-beker vir Beste Hoërskool Drama Seun
  • Die Andreas van Wyk-beker Beste Senior in die Dramatiese Kunste

Hoërskool Strand is met reg trots op hierdie leerder wat nie sy uitsonderlike talente onder ’n maatemmer weggesteek het nie.

Arend-atleet in Suid-Afrikaanse span vir hamergooi

Christopher Smit

Christopher Smit is een van slegs twee atlete van die WP wat vir die Suid-Afrikaanse span gekies is om vanaf 2-12 Desember 2022 in Malawi aan die “Region 5 Games” aan hamergooi deel te neem. Christopher moes ongelukkig weens ‘n fratsbesering aan hierdie groot geleentheid onttrek.

ARENDE PRESTEER TYDENS ATKV-STREEKSFEES - me. W. Theart (23 Augustus 2022)

ARENDE PRESTEER TYDENS ATKV-STREEKSFEES

- me. W. Theart (23 Augustus 2022)

Op 23 Augustus het 15 Hoërskool Strand leerders aan die Wes-Kaapse ATKV-streeksfees deelgeneem. Nie minder nie as 21 produksies het vir die streeksfees ingeskryf. Jacques Bessenger en Ludwig Binge het as beoordelaars en mentors opgetree.


In Jacques Bessenger se eie woorde: “I really enjoyed your show like I truly laughed out of my stomach at times en dis omdat julle sulke great comedy actors is. Dis vir my so inspiring to see such great talent on stage.”

Ludwig Binge was ewe vrygewig met sy terugvoer: “Dit was en dit is ’n compliment, dit was delightfully… dit was wack. Dit het soos ’n Monty Python movie gevoel. Wat my die meeste beïndruk het, is dat jy Hoërskool tieners kon kry om daai styl te verstaan. They get irony en dis nogals raar vir untrained performers, maar jy het regtig ’n naturally sterk gifted groepie met ongelooflike comedic timing.”


Die toneelspan is met die volgende toekennings vir hul harde werk beloon:


  • Clint Williams: Brons vir toneelspel
  • Lee-Ann Taljaard en Armin du Plessis: Silwer vir toneelspel
  • Danelie Pienaar: Silwer vir verhoogbestuur
  • Me. W. Theart: Silwer vir regie
  • Pierre van Schalkwyk: Silwer vir die draaiboek
  • Anne Swart en Vincent Kruger: Goud vir toneelspel
  • Clint Williams, Miche Young, Vincent Kruger, Anne Swart,

        Armin du Plessis, Lee-Ann         Taljaard en Nathan Nel:

        Goud vir ensemble-spel


Die “padwerkers”, Danelie Pienaar, Micheal Heyns, Franko Stevens, Rohan Bezuidenhout, Cloete de Jager en Kaitlin Hughes het eers drie weke voor die optrede by die toneelspan aangesluit. Hulle was dus ook van die Ensemble-span.


Alhoewel die span nie tot die finale ronde deurgedring het nie, is die verhoogbestuurder, Danelie Pienaar, die ensemble-span asook Anne Swart en Vincent Kruger vir toekennings genomineer. Vincent Kruger het egter tydens die prysuitdeling met die louere weggestap toe hy as die Beste Akteur in ’n ondersteunende rol aangewys is.


Hierdie Arende het gewys dat talent wat deur goeie dissipline en hardwerkendheid ondersteun word, tot prestasie lei.


Hoërskool Strand is trots op sy toneelspelers.

Vincent Kruger


Beste akteur in ñ ondersteunende rol

Vincent Kruger - as "Ou Man"

In Slagveld Sirkus deur Hoërskool Strand

Vincent na hy sy medalje ontvang het.

Vincent Kruger &

Juffrou W. Theart

Vincent (pryswenner) en trotse Juffrou en regisseur

Vincent Kruger &

Juffrou W. Theart

Vincent (Pryswenner) en W. Theart by Baxter

Die hele cast

W. Theart en padwerkers

W. Theart en akteurs

Op 23 Augustus het 15 Hoërskool Strand leerders aan die Wes-Kaapse ATKV-streeksfees deelgeneem. Nie minder nie as 21 produksies het vir die streeksfees ingeskryf. Jacques Bessenger en Ludwig Binge het as beoordelaars en mentors opgetree.


In Jacques Bessenger se eie woorde: “I really enjoyed your show like I truly laughed out of my stomach at times en dis omdat julle sulke great comedy actors is. Dis vir my so inspiring to see such great talent on stage.”

Ludwig Binge was ewe vrygewig met sy terugvoer: “Dit was en dit is ’n compliment, dit was delightfully… dit was wack. Dit het soos ’n Monty Python movie gevoel. Wat my die meeste beïndruk het, is dat jy Hoërskool tieners kon kry om daai styl te verstaan. They get irony en dis nogals raar vir untrained performers, maar jy het regtig ’n naturally sterk gifted groepie met ongelooflike comedic timing.”


Die toneelspan is met die volgende toekennings vir hul harde werk beloon:


  • Clint Williams: Brons vir toneelspel
  • Lee-Ann Taljaard en Armin du Plessis: Silwer vir toneelspel
  • Danelie Pienaar: Silwer vir verhoogbestuur
  • Me. W. Theart: Silwer vir regie
  • Pierre van Schalkwyk: Silwer vir die draaiboek
  • Anne Swart en Vincent Kruger: Goud vir toneelspel
  • Clint Williams, Miche Young, Vincent Kruger, Anne Swart,

        Armin du Plessis, Lee-Ann Taljaard en Nathan Nel: Goud vir ensemble-spel


Die “padwerkers”, Danelie Pienaar, Micheal Heyns, Franko Stevens, Rohan Bezuidenhout, Cloete de Jager en Kaitlin Hughes het eers drie weke voor die optrede by die toneelspan aangesluit. Hulle was dus ook van die Ensemble-span.


Alhoewel die span nie tot die finale ronde deurgedring het nie, is die verhoogbestuurder, Danelie Pienaar, die ensemble-span asook Anne Swart en Vincent Kruger vir toekennings genomineer. Vincent Kruger het egter tydens die prysuitdeling met die louere weggestap toe hy as die Beste Akteur in ’n ondersteunende rol aangewys is.


Hierdie Arende het gewys dat talent wat deur goeie dissipline en hardwerkendheid ondersteun word, tot prestasie lei.


Hoërskool Strand is trots op sy toneelspelers.

TOP TIEN PRESTEERDERS KUIER SAAM MET PERSONEEL

Die gebruik om die gr. 8-12 top 10-leerders met ’n spesiale geselligheid vir hul puik akademiese prestasies te beloon kon uiteindelik weer vanjaar op 18 Augustus gestalte kry. Die leerders en hul onderwysers is met die heerlikste verversings bederf. Ten spyte van die koue weer was die saamkuier warm en opreg. Vir die matrieks was die geleentheid bittersoet aangesien dit ook die afsluiting van hul akademiese jaar inlui. Die hoofmeisie, Lien Hoogenboezem, het selfs verklap dat hierdie tradisie die aansporing vir haar harde werk was.

- Gr. 12 top 10-leerders

Arendenuus is nuus!

Arendenuus

Januarie 2022

Arendenuus

Februarie 2022

Arendenuus

Maart 2022

Arendenuus

April 2022

Arendenuus

Mei 2022

Arendenuus

Junie 2022

Arendenuus

Jullie 2022

Arendenuus

Augustus 2022

Arendenuus

September 2022

Arendenuus

Oktober 2022

Arendenuus

November 2022

Arendenuus

Desember 2022

Sien Besonderhede
- +
Uitverkoop