Wat's Nuus?
Die Suidooster
Toelatings
Wat's Nuus?
Die Suidooster
Toelatings
 #sosialemedia 

Die Suidooster.

Die Suidooster is ’n sosiale mediablad wat poog om die doen en late van die leerders van Hoërskool Strand via Instagram weer te gee.


Die redaksie bestaan uit ’n bekwame span leerders wat ongewone, daaglikse gebeure, wat andersins ongesiens sou verbygaan, uitsnuffel en daaroor berig.


Redaksielede lewer ook waardevolle insette tot die Arendnuus, ’n maandelikse nuusblad wat op ’n meer formele beriggewing oor gebeure rakende akademie, sport en kultuur fokus.


Ons poog om redaksielede te bemagtig om soos ware nuushonde, self daardie stories te gaan soek wat ons leerders sal laat lag, nadink en ’n vars, alternatiewe uitkyk op die lewe van ’n Arend te gee.

Sien Besonderhede
- +
Uitverkoop