Slide background
Slide background
Slide background
Slide background
Slide background
Slide background
Slide background

Karri - Nuwe Betaalmetode

Liewe ouers

Ons besef dat kontant-betalings vir uitstappies en ander skoolaktiwiteite tydrowend en frustrerend vir u as ouers kan wees. Die proses om die presiese bedrag kontant te vind en dit dan in ’n koevert te plaas, sodat u kind dit uiteindelik aan die klasonderwyser kan gee, is ‘n ongerief.  Dikwels is dit ook moeilik om te onthou watter aktiwiteit op watter dag plaasvind en ons wil graag verwarring uitskakel.

Ons is dus opgewonde om aan te kondig dat ons 'n nuwe betalings-toepassing gaan intergreer wat sal help om hierdie kwessies te verlig. Die naam van hierdie oplossing is Karri Payments (In Venda beteken hierdie woord kleingeld). Hierdie toepassing (Application) is voordelig vir beide die klasonderwyser en die ouers, want om kontant op ons perseel te hê, is voortdurend ‘n kommer, dit is ook 'n veiligheidsrisiko en 'n las vir ons personeellede.

Die rede waarom u as ouer voordeel sal geniet, is omrede u maklik ‘n betaling kan maak met die druk van 'n knoppie. Dit sal ook die verantwoordelikheid van u kind wegneem, deur nie voortdurend kontant vir verskeie aktiwiteite aan hul klasonderwysers te lewer nie.

Karri Payments is 'n innoverende mobiele betalingstoepassing waarmee jy vinnige betalings vir skoolaktiwiteite op jou selfoon kan maak. Hierdie toepassing (App) kan met enige Suid-Afrikaanse bank intergreer en is POPI (Protection of personal Information) in ooreenstemming met streng interne maatreëls om veiligheid en sekuriteit ten alle tye te verseker. Ons het 'n kontraktuele ooreenkoms met Karri Payments aangegaan om te verseker dat alle terme en voorwaardes gehandhaaf word. Karri word deur Nedbank bestuur wat ook ‘n versekering bied dat alle relevante veiligheidsmaatreëls vir alle transaksies in plek gestel word.

U sal ‘n e-pos en sms ontvang wat u vra om die toepassing (App) af te laai. Nadat u die toepassing (App) afgelaai het, moet u asb. ‘n profiel skep (Sign Up). Skep u profiel met dieselfde e-pos adres wat die skool gebruik om met u te kommunikeer. Indien u reeds ‘n Karri gebruiker is (‘n kind in ander skool wat Karri gebruik) dan kan u gewoon net inteken. Ons het inligting oor die produk aangeheg, asook die stappe wat nodig is om die toepassing (App) af te laai.

Let asseblief daarop dat die program nie die tradisionele betaling van u kind se skoolfonds sal vervang nie, dit bly dieselfde. As ouer, sal u geen koste van Karri Payments dra nie.

Ons sal u ondersteuning baie waardeer.

Vir meer navrae of inligting, besoek asseblief die Karri-webwerf by www.karri.co.za.

Kliek HIER vir volledige pamflet en aanwysings.

 

Oudleerder lewer Baanbrekerswerk op Farmaseutiese Gebied

 Janke Kleynhans, ‘n leerder van HS Strand se 2007-matriekklas, het reeds op skool haar merk op akademiese en musikale gebied gemaak. Sy was een van die topkandidate in haar klas met ‘n briljante A-gemiddeld en het ook UNISA se finale musiekeksamen geslaag.

In Junie 2018 het sy haar PhD-graad in Farmaseutika aan die Noordwes Universiteit in Potchefstroom verwerf. Haar doktorsgraad was ‘n kombinasie van kerngeneeskunde en farmasie. Die begrip “farmasie” verwys na die veilige en doeltreffende gebruik van medisyne.

Haar navorsing het ook die aanwending van nanotegnologie behels – die manipulasie van materie op ‘n atomiese en molekulêre vlak.

In kort het haar navorsing die herformulering van ‘n huidige radioaktiewe middel, wat vir die behandeling van beenkanker gebruik word, behels. Hierdie geneesmiddel is eers op diere en later op mense getoets.

Dr. Janke Kleynhans is tans ‘n navorser en dosent in Radiofarmasie aan die Universiteit van Pretoria.

Die HS Strand kan met reg trots wees op hierdie uiters begaafde oudleerder. Haar hele lewe het nog altyd van diensbaarheid getuig. Haar prestasies onderstreep die feit dat HS Strand gereeld akademici van wêreldgehalte oplewer.

 

Gr 12-Uitslae 2018

98.1% slaagsyfer

  • 10 leerders behaal ‘n A-gemiddelde
  • 32 leerders behaal ‘n B-gemiddelde
  • 59 leerders behaal ‘n C-gemiddelde
  • Die gr. 12-groep het 160 vakonderskeidings behaal. (74.4%)
  • 211 kandidate verwerf die baccalaureus graad- diploma – of hoër sertifikaatstudie (98.1%)
baccalaureus graad studies 163 kandidate (75.8%)
diploma 45 kandidate (20.9%)
hoër sertifikaatstudie 3 kandidate (1.4%)

  • Die volgende vakke presteer besonder goed: Engels Huistaal 75.4%,  Musiek 73.4%, Dramatiese Kunste 71.9%, en Toerisme 69.5%

Die volgende leerders behaal ‘n A-gemiddeld en of 3 of meer vakonderskeidings:

1.

Ben Edwards

90.2%

7 onderskeidings

2.

Danie Theron

90%

7 onderskeidings

3.

Gunter Möhr

87,7%

7 onderskeidings

4.

Carli Viljoen

86.5%

7 onderskeidings

5.

Ryan Osborne

83.2%

5 onderskeidings

6.

Oren Renoster

82.7%

5 onderskeidings

7.

Cherri-Lee van Zyl

82.3%

4 onderskeidings

8.

Kayline Mariëtte

81,8%

5 onderskeidings

9.

Minette van Zyl

80.5%

4 onderskeidings

10.

Pieter le Roux

80%

4 onderskeidings

11.

Christopher Blairhook

79.8%

4 onderskeidings

12.

Lumari Havenga

78.3%

3 onderskeidings

13.

Jenna Blake

77.5%

4 onderskeidings

14.

Pieter Welgemoed

77.3%

3 onderskeidings

15.

Erin O’Neale

76.8%

3 onderskeidings

16.

Jada Dippenaar

76.3%

5 onderskeidings

Christiaan de Wet

76.3%

3 onderskeidings

18.

Aneshka van Rooyen

76%

4 onderskeidings

19.

Paul Verdoes

75.7%

3 onderskeidings

20.

Lene Zaayman

73.7%

3 onderskeidings

21.

Chané Juries

69%

3 onderskeidings

Borg van VRL Hemde

Arenderaad 2019 en Gerhard Prins

 Baie dankie aan mnr. Gerhard Prins, direkteur van Gey van Pittius Besproeiing, vir die borg van die hempies aan ons Arenderaad van 2019.

 

 Anso Kemp (Bemarker van Hoërskool Strand), Gerhard Prins en Chris Langeveldt (Hoofseun)

 

Hoofleiers 2019

 

Baie geluk aan ons nuwe hoofleiers vir 2019

Van links na regs: Kristin Meyer (Onderhoofdogter), Tara Venter (Hoofdogter), Chris Langeveldt (Hoofseun), Luke Booysen (Onderhoofseun).
Mag julle volgende jaar die Arendnes versterk #AllesVirDieNes
 

Bladsy 1 van 7

Kontak ons

Tel: 021 853 1056
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Skakels

AWSUM

HS Strand verskyn in die AWSUM-koerant wat in die Helderberg versprei word by alle Hoërskole en Laerskole wat daarin verskyn.

Arendenuus Nuusbrief

Hoërskool Strand se maandelikse nuusbrief.

Suidooster Skoolkoerant

Kwartaallikse aanlyn skoolkoerant

MySchool Aansoekvorm

 

Aantal Besoekers

159583
Vandag70
Gister108
Afgelope week178
Afgelope maand1998
Sedert 2013159583