
Die volgende spelers het WP-Rolbalspan gehaal wat vanaf 3 - 6 April in Bloemfontein aan die SA's gaan deelneem. O/15: Mckenzie Knipe en Shannon Phillips, O/20 Juan Joubert.

Die volgende spelers is uitgenooi na die WP-Masters toernooi wat 24 en 25 Maart plaasvind. Juan Joubert, Michael Ferreira en Jason Fouche
Baie geluk aan hierdie spelers. Die Arende-familie is voorwaar trots op julle.
DIE BELGE IS OP PAD!

Agter: Dominique Cauwelier, Lander van den Berghe, Ferike Thevelein, Bente Bossu, Marieke Degryse, Margo Vens, Stan Priem en Kristof Deprez.
Middel: Mayté Segers, Helena Denoo, Bieke Desnoeck, Josephine van de Haeghe, Margaux Beernaert en Justine Baele.
Voor: Yoshi Notable, Ann-Sophie van Belle en Faith van Belleghem.
Vanaf 7 Februarie is dit ons vriende van België se beurt om vir ons te kom kuier. Ons Arendfamilie het ʼn volgepakte program met hope avontuur en reisgeleenthede vir ons vriende beplan en sien daarna uit dat hulle ons pragtige land kom besoek.
Tydens die eerste week van hul besoek gaan hulle besienswaardighede soos die ‘’Cheetah outreach’’, Robbeneiland, die Waterkant en Root 44 besoek asook ook ʼn surf-les by die “Son Surf school’’ kry.
Op Maandag, 12 Februarie, vertrek ons met die groep na Knysna en vandaar na die Addo-olifant Nasionale park via Oudtshoorn en dan terug huis toe. Ons gaan ook die bekende Knysna Heads, die Knysna olifante, die wêreld se hoogste reksprong (bungy jump), die Kango-grotte, Oudtshoorn se krokodil- en volstruisplaas asook die pragtige Swartbergpas besoek. Ons gaan ook in tente by Bevelac, met al sy watervalle en staproetes, kamp. Gedurende die laaste week gaan ons besienswaardighede in en om Kaapstad besoek, onder andere Simonstad en die ‘’Boulders’’, Kaappunt, Houtbaai, Kampsbaai, piekniek teen Tafelberg, Elgin Ziplines, die Bettiesbaai-sandduine asook die Chris Barnard hartmuseum. Bogenoemde is maar net ʼn paar van die avonture wat op ons kuiergaste wag. Daar is nog vele meer verrassings wat om elke hoek en draai op hulle wag.
Me. Lynette Wolff praat altyd van ‘’payback’’, wat eintlik beteken dat ons op ons manier vir die Belge wil dankie sê vir die geleentheid wat hulle ons gegee het om hul pragtige land verlede jaar te verken.
“Ons ontmoet as vreemdelinge en gaan as vriende uitmekaar.”