Slide background
Slide background
Slide background
Slide background
Slide background
Slide background
Slide background

België Uitruilskema

DIE BELGE IS OP PAD! 

Agter: Dominique Cauwelier, Lander van den Berghe, Ferike Thevelein, Bente Bossu, Marieke Degryse, Margo Vens, Stan Priem en Kristof Deprez.
Middel: Mayté Segers, Helena Denoo, Bieke Desnoeck, Josephine van de Haeghe, Margaux Beernaert en Justine Baele.
Voor: Yoshi Notable, Ann-Sophie van Belle en Faith van Belleghem.

 
Vanaf 7 Februarie is dit ons vriende van België se beurt om vir ons te kom kuier. Ons Arendfamilie het ʼn volgepakte program met hope avontuur en reisgeleenthede vir ons vriende beplan en sien daarna uit dat hulle ons pragtige land kom besoek.
 
Tydens die eerste week van hul besoek gaan hulle besienswaardighede soos die ‘’Cheetah outreach’’, Robbeneiland, die Waterkant en Root 44 besoek asook ook ʼn surf-les by die “Son Surf school’’ kry.
 
Op Maandag, 12 Februarie, vertrek ons met die groep na Knysna en vandaar na die Addo-olifant Nasionale park via Oudtshoorn en dan terug huis toe. Ons gaan ook die bekende Knysna Heads, die Knysna olifante, die wêreld se hoogste reksprong (bungy jump), die Kango-grotte, Oudtshoorn se krokodil- en volstruisplaas asook die pragtige Swartbergpas besoek. Ons gaan ook in tente by Bevelac, met al sy watervalle en staproetes, kamp. Gedurende die laaste week gaan ons besienswaardighede in en om Kaapstad besoek, onder andere Simonstad en die ‘’Boulders’’, Kaappunt, Houtbaai, Kampsbaai, piekniek teen Tafelberg, Elgin Ziplines, die Bettiesbaai-sandduine asook die Chris Barnard hartmuseum. Bogenoemde is maar net ʼn paar van die avonture wat op ons kuiergaste wag. Daar is nog vele meer verrassings wat om elke hoek en draai op hulle wag.
 
Me. Lynette Wolff praat altyd van ‘’payback’’, wat eintlik beteken dat ons op ons manier vir die Belge wil dankie sê vir die geleentheid wat hulle ons gegee het om hul pragtige land verlede jaar te verken.
 
“Ons ontmoet as vreemdelinge en gaan as vriende uitmekaar.”
 

Twee Kandidate haal Top 10 op die Wes-Kaap Merietelys

 Ansela Burger  Emja Langeveldt

 

Twee van HS Strand se kandidate het merkwaardig presteer deur die top tien merietelys in hul onderskeie vakke te behaal.

 Ansela Burger het die vyfde plek in die Wes-Kaap in Dramatiese Kunste behaal.

 Emja Langeveldt het in Lewensoriëntering 8ste plek behaal en in Lewens-wetenskappe die sewende plek.

 Hoërskool Strand is baie trots op die puik prestasies van sy Arende.

 

Kontak ons

Tel: 021 853 1056
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Skakels

AWSUM

HS Strand verskyn in die AWSUM-koerant wat in die Helderberg versprei word by alle Hoërskole en Laerskole wat daarin verskyn.

Arendenuus Nuusbrief

Hoërskool Strand se maandelikse nuusbrief.

Suidooster Skoolkoerant

Kwartaallikse aanlyn skoolkoerant

MySchool Aansoekvorm

 

Aantal Besoekers

177240
Vandag29
Gister156
Afgelope week185
Afgelope maand1608
Sedert 2013177240