Hoërskool Strand is 'n waardegedrewe skool. Dit beteken dat waardes die kompas is wat ons personeel en leerders se optrede rig en bepaal. Wanneer waardes die basis vorm van ons daaglikse optrede is reëls nie nodig nie. Die skoolgemeenskap het die volgende VYF KERNWAARDES geïdentifiseer:
- RESPEK
- INTEGRITEIT
- HARDWERKENDHEID
- VERANTWOORDBAARHEID
- DIENSBAARHEID
Om die waarde van respek meer prakties te maak fokus ons op VYF ONONDERHANDELBARE MANIERE in ons skool:
- Ek groet ander mense
- Ek sê dankie en asseblief
- Ek luister as ander mense praat
- Ek praat op 'n beskaafde manier met ander mense
- Ek strooi nie rommel nie