Slide background
Slide background
Slide background
Slide background
Slide background
Slide background
Slide background

Oudleerder lewer Baanbrekerswerk op Farmaseutiese Gebied

 Janke Kleynhans, ‘n leerder van HS Strand se 2007-matriekklas, het reeds op skool haar merk op akademiese en musikale gebied gemaak. Sy was een van die topkandidate in haar klas met ‘n briljante A-gemiddeld en het ook UNISA se finale musiekeksamen geslaag.

In Junie 2018 het sy haar PhD-graad in Farmaseutika aan die Noordwes Universiteit in Potchefstroom verwerf. Haar doktorsgraad was ‘n kombinasie van kerngeneeskunde en farmasie. Die begrip “farmasie” verwys na die veilige en doeltreffende gebruik van medisyne.

Haar navorsing het ook die aanwending van nanotegnologie behels – die manipulasie van materie op ‘n atomiese en molekulêre vlak.

In kort het haar navorsing die herformulering van ‘n huidige radioaktiewe middel, wat vir die behandeling van beenkanker gebruik word, behels. Hierdie geneesmiddel is eers op diere en later op mense getoets.

Dr. Janke Kleynhans is tans ‘n navorser en dosent in Radiofarmasie aan die Universiteit van Pretoria.

Die HS Strand kan met reg trots wees op hierdie uiters begaafde oudleerder. Haar hele lewe het nog altyd van diensbaarheid getuig. Haar prestasies onderstreep die feit dat HS Strand gereeld akademici van wêreldgehalte oplewer.

 

Kontak ons

Tel: 021 853 1056
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Skakels

AWSUM

HS Strand verskyn in die AWSUM-koerant wat in die Helderberg versprei word by alle Hoërskole en Laerskole wat daarin verskyn.

Arendenuus Nuusbrief

Hoërskool Strand se maandelikse nuusbrief.

Suidooster Skoolkoerant

Kwartaallikse aanlyn skoolkoerant

MySchool Aansoekvorm

 

Aantal Besoekers

174262
Vandag76
Gister109
Afgelope week550
Afgelope maand1887
Sedert 2013174262